Web Analytics Made Easy -
StatCounter

Motorversekering

  • Wat is Motorversekering?

    Kar VersekeringMotorversekering is ‘n versekeringspolis wat uitgeneem word met die doel om jou eie voertuig en/of die eiendom van ‘n derde party te beskerm. Meeste versekeringsmaatskappye bied drie polisse aan naamlik:

    • Omvattende Motorversekering
    • Derde party alleenlik
    • Derde party, brand-en-diefstal dekking

    Omvattende Versekering

    Hierdie polis dek meeste skade aan u voertuig. Dit sluit in ongelukke, natuurrampe, diefstal, vandalisme en skade aan ‘n derde party of sy eiendom ook in. Neem net in ag dat as u nuwe vellings of ‘n klankstelsel in u motor ingesit het, mag dekking daarvoor dalk nie in die polis ingesluit wees nie. Daarvoor sal mens addisionele dekking moet kry.

    Derde party dekking

    Hierdie polis dek enige skade wat u aan ‘n derde party se motor, of enige van sy ander eiendom aangerig het. Dit sluit gewoonlik ook enige mediese onkostes van die derde party in.

    Derde party, brand-en-diefstal dekking

    Dit sluit alles in wat genoem is by derde party dekking, sowel as enige skade aan u eie voertuig as gevolg van natuurrampe* en kaping/diefstal. Let wel dat u eie motor nie gedek is nie, u sal dus self vir die skade daaraan moet betaal.

    *Maak seker watter natuurrampe word gedek deur u versekeringsmaatskappy

    Wat bepaal die premie van my voertuigversekering?

    Alhoewel versekeringsmaatskappye nie noodwending na al hierdie faktore kyk nie, kan die volgende ‘n invloed hê op die bedrag wat u vir u versekering gaan betaal:

    • Die tipe dekking wat u wil hê
    • Word die voertuig op ‘n veilige plek parkeer deur die nag?
    • Waar word die voertuig deur die dag parkeer?
    • Is daar anti-diefstal toestelle in die motor ingebou?
    • Tipe motor
    • Jaarmodel van voertuig
    • Kleur van die motor
    • Kilometerlesing van voertuig
    • Ouderdom van die drywer
    • Geslag van drywer
    • Hoe lank het die drywer al ‘n lisensie en was hy/sy al voorheen in ‘n ongeluk betrokke?
    • Afstand wat maandeliks deur die motor afgelê word
    • Beroep van drywer

    Hoe kies ek die regte versekeringsmaatskappy?

    Die antwoord op hierdie vraag is nie so eenvoudig nie. Ons stel voor u kry eers ‘n paar versekeringskwotasies sodat u kan sien watter maatskappye is mees bekostigbaar. Kyk dan na die voordele en nadele van die polisse wat hulle aanbied, ook of dit nodig gaan wees om enige addisionele dekking by te moet vat. Laastens, doen bietjie navorsing om te sien hoe tevrede is die kliënte met die diens van die versekeraar. Besoek ‘n webtuiste soos https://www.hellopeter.com/ om ander se klagtes te sien. Hou in gedagte, HelloPeter is gemaak om te kla, mense is nie altyd geneig om hulle positiewe ervaring daarop te sit nie. Moet dus nie alleenlik op negatiewe terugvoer staatmaak nie om ‘n besluit te maak nie. Kyk of die maatskappy wel kommentaar lewer op die klagtes, en of hulle die probleme wat die kliënte ervaar probeer oplos. So kan mens ‘n idee kry hoe die maatskappy hulle kliënte hanteer.

    Vir Engelse weergawe van hierdie bladsy, klik hier.

  • Kry Kwotasies vir Motorversekering Hier

    Voltooi asb. die onderstaande velde














    Terme en Voorwaardes.



  • Privacy Policy | Cookie Policy | Terms & Conditions

    © 2023 InsurAcar.co.za